Môre matrikulante! Dit is die oomblik waarvoor julle al julle lewe gewag het. Die oomblik om te sien of al die harde werk en laatnagstudie die moeite werd.
Die Matrieks van 2024 kan hul uitslae op 20 Januarie 2025 om 00:01 nagaan. Hier is hoe om dit te doen:
* Aanlyn: Jy kan jou uitslae aanlyn na gaan op die Departement van Basiese Onderwys se webwerf by: https://www.education.gov.za/ExamResults/
* SMS: Stuur jou 13-syfer ID-nommer en jou eksamen nommer na 35658. Daar sal 'n fooi van R1.50 per SMS gehef word.
* USSD: Kies *120*35658# en volg die aanwysings.
* By jou skool: Jy kan ook jou uitslae by jou skool gaan haal.
Maak seker jy het die volgende gereed wanneer jy jou uitslae na gaan:
* Jou eksamen nommer
* Jou ID-nommer
* 'n Pen en papier om belangrike inligting neer te skryf
Ons weet dat julle almal senuweeagtig is om julle uitslae te sien, maar onthou om kalm te bly en positief te dink. Jul het hard gewerk en ons is trots op julle, ongeag wat die uitslae is.
Sterkte en baie geluk aan al die matrikulante van 2024!
We use cookies and 3rd party services to recognize visitors, target ads and analyze site traffic.
By using this site you agree to this Privacy Policy.
Learn how to clear cookies here